Facebook-skandes kan jou duur te staan kom
2010-08-20 04:57
Kaapstad - Kenners sê die gewildheid van sosiale netwerke soos MXit, Facebook en Twitter, gaan tot gevolg hê dat tientalle jongmense hulle name noodgedwonge moet verander om hul aanlyn-geskiedenis te verbloem.
Google sê jong mense dokumenteer hul lewens in soveel detail dat dit hulle later in verleentheid kan bring, veral wanneer hulle die werksarena wil betree.
'n Internetkenner, Rich Ferguson, sê selfs dinge wat voorheen as beskermde mededeling beskou is, is dit nie meer nie, aangesien gesprekke nou 'n blywendheid het. Hy sê dit sluit die stuur van teksboodskappe en foto's oor selfone in.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter