Facebook se privaatheidskwessies 'uitputtend'
2011-11-03 11:21
New York – Facebook se “duiselingwekkende” hoeveelheid privaatheidsverstellings put gebruikers van die sosiale netwerk uit en hulle sukkel om by te hou, het 'n peiling deur 'n gebruikerstydskrif bevind.
Die tydskrif Which? het bevind sowat die helfte (48%) van gebruikers van die sosiale netwerk voel hulle kan nie met Facebook se alewig veranderende privaatheidsverstellings byhou nie.
Sowat 19% van Facebook-gebruikers het gesê hulle het nog nooit aan hul privaatheidsverstellings verander nie.
Ondanks die hoeveelheid persoonlike inligting wat die sosiale netwerk oor sy gebruikers aanlyn publiseer voel gebruikers “uitgeput” met al die opsies, het die tydskrif gesê.
“Dit kan op 'n gebrek aan bewustheid van aanlyn-privaatheid dui,” het Rob Reid van Which? gesê. “Wat selfs meer kommerwekkend is, is dat dit kan beteken gebruikers word uitgeput deur die duiselingwekkende hoeveelheid veranderings.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.