‘Facebook sal vernietig word’
2011-08-10 11:01
Kaapstad – Die berugte aanlyn aktivistegroep Anonymous het Dinsdag met ‘n YouTube-video gedreig om Facebook op 5 November te ‘vernietig’.
Die video is op een van die groep se YouTube-kanale te sien.
“Jul geliefde medium van kommunikasie sal vernietig word,” het die groep op die video gesê.
“Tree tot die saak toe en vernietig Facebook as jy iemand is wat die vryheid van inligting wil beskerm.”
Anonymous reken hulle doen Facebook-gebruikers ‘n guns en beweer in die video Facebook “verkoop inligting aan regeringsdepartemente.”
Die video beweer ook die sosiale netwerk se privaatheidverstellings is ‘n grap en dring aan Facebook maak dit vir gebruikers onmoontlik om hul profiele af te vee.
“Onthou 5 November die Facebook-verraad en die komplot,” het die groep Woensdag getweet.
Facebook het nie op die dreigement reageer nie.
Kyk hier na Anonymous se video-dreigement.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24