Facebook raak besitlik oor sy vriende
2011-07-06 10:16
New York – Facebook mag dalk die mees gewilde sosiale netwerk wees, maar hy is steeds besitlik en jaloers en hy wil nie sy vriende deel nie – veral nie met Google+ nie.
Die sosiale reus het ‘n uitbreiding vir die Google Chrome-leser wat Facebook-gebruikers in staat stel om hulle vriende na Google se sosiale netwerk in te trek, geblok.
Mahomed Mansour het die Chrome-uitbreiding ontwerp en hy het gesê die vraag rondom wie gebruikers se Facebook-data besit, bly ‘n belangrike kwessie.
“Kry jou kontakte uit Facebook uit, of hulle daarvan hou of nie,” het hy gesê. “Jy het hulle jou vriende gegee en jy het die reg om hulle terug te neem.”
Alhoewel Facebook nie gebruikers se vriende besit nie, besit die reus wel inligting wat oor en deur vriende op sy blad gesê en gekyk word.
– Lees meer hier.
Kyk hier na 'n video van hoe Chrome-gebruikers Facebook-vriende by Google+ kon intrek.
– Volg Nuus24 op Twitter.