Facebook ‘n Zuckerberg kwyt
2011-08-05 14:01
Los Angeles – Die Facebook-stigter Mark Zuckerberg se suster, Randi, het haar pos as die bemarkingshoof van die sosiale netwerk verlaat.
Randi Zuckerberg het Facebook verlaat om haar eie besigheid op die been te bring.
“Ons kan bevestig Randi het besluit om Facebook te verlaat,” het ‘n woordvoerder van die sosiale netwerk gesê. “Ons is dankbaar vir haar dienste.”
Die tegnologieblog All Things Digital het gesê Zuckerberg verlaat Facebook om ‘n maatskappy te stig wat “ander besighede sal help om sosiale media te benut”.
“Ons het ongelooflike vooruitgang gemaak,” het sy in haar bedankingsbrief geskryf. “Maar daar is nog baie om te doen en ander maniere om verandering teweeg te bring.”
“Nou is die tyd vir my om buite Facebook ‘n maatskappy te bou wat sal fokus op die opwindende neigings in die mediabedryf,” het sy geskryf.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP