'Facebook maak ons paranoïes, gee maagpyn'
2011-08-07 11:53
Washington – Die sosiale netwerk Facebook kan ‘n wonderlike mneanier wees om met ou vriende in kontak te bly, maar vir die jonges kan dit meer skade as goed doen.
Só meen Larry Rosen, ‘n sielkundige van die Dominguez Hills-universiteit in Kalifornië.
Tieners wat te veel tyd op die sosiale netwerk en ander webtuistes deurbring, het meer maagpyn en ervaar meer slaapsteurnisse, angs en depressie.
Hulle is ook meer geneig om op skooldae afwesig te wees, het Rosen gesê.
Tieners en jong volwassenes wat te veel op die sosiale netwerk bedrywig raak word ook meer narsissisties, het Rosen by die Amerikaanse sielkunde-vereniging se jaarlikse konferensie in Washington gesê.
Rosen bestudeer al 25 jaar lank die effek wat tegnologie op die mens het.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.