Facebook kry 1 biljoen besoeke in Junie, Julie
2011-08-25 11:44
Kaapstad – Facebook-vriende het in Junie en Julie ‘n biljoen keer profiele en blaaie op die sosiale netwerk besoek, het die internet-statistiekgroep DoubleClick bevind.
Die maatskappy, besit deur Google, het bevind Facebook het meer as 870 miljoen en 860 miljoen unieke besoekers in Junie en Julie op sy blaaie verwelkom.
Dit beteken ‘n 100 miljoen meer besoekers het aan die sosiale netwerk se deur kom klop as die bekende hoeveelheid geregistreerde gebruikers wat tans op 750 miljoen staan.
Elke besoeker het sowat 1 160 blaaie in Julie besoek – 40 blaaie per besoek.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.