Facebook kan jou nou 'witter' laat lyk
2010-07-14 12:27
Nieu Delhi – Die velsorg-maatskappy Vaseline het ‘n Facebook-program in Indië bekendgestel wat jou in staat stel om jou gelaatskleur ligter te maak.
Die doel is om ‘n nuwe reeks velsorgprodukte vir mans, wat blykbaar jou vel ligter te maak, te adverteer.
Die Bollywood akteur Shahid Kapur is ingespan om die nuwe program te bemark.
“Transform Your Face On Facebook With Vaseline Men”, beloof die Facebook-program, met ‘n foto van Kapur waar een helfte van sy gesig ‘n ligter skakering is as die ander helfte.
Volgens Pankaj Parihar van Omnicom, ‘n wêreldwye advertensie-maatskappy, het die program reeds baie positiewe reaksie ontlok.
Die program is in Junie in Indië bekendgestel.
Emami, een van Indië se voorste skoonheidsmaatskappye, het in 2005 ‘n velroom vir mans ontwikkel wat klaarblyklik hul gelaatskleur ligter maak.
Dieselfde produk vir vrouens word al sedert die sewentigerjare in Indië bemark.
Volg Nuus24 op Twitter.