Facebook gewild onder sekswerkers
2011-02-10 23:31
Washington – ‘n Studie onder sekswerkers in Amerika het getoon dat hulle al hoe meer op Facebook staatmaak om kliënte te werf, berig Huffington Post.
Omtrent al die sekswerkers wat aan die studie deelgeneem het (83%), het Facebook-blaaie vir hul professionele doeleindes.
Slegs 61% adverteer blykbaar nog op Craigslist, ‘n gesentraliseerde netwerk van gemeenskappe op die internet.
Sedert Facebook in 2004 geloods is, het dit al hoe meer populêr geword onder sekswerkers om op dié sosiale netwerk te adverteer.
Gevolglik gebruik hulle ook al minder die meer tradisionele platforms, soos gesellinklubs, ontkleeklubs, dansklubs, kroeë en hotelle.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.