Facebook gee toe oor privaatheid-kwessies
2010-10-19 11:06
New York - Facebook het Maandag gesê hulle praat met die ontwikkelaars van programme vir Facebook oor hoe hulle persoonlike inligting hanteer, berig die New York Times.
Luidens ‘n verslag deel van dié programme op onbehoorlike wyse gebruikers se persoonlike inligting met adverteerders en opsporingsprogramme vir die web.
In ‘n blog-inskrywing het Mike Vernal, ‘n Facebook-ingenieur, gesê Facebook het onlangs geleer dat verskeie van die programme ‘n spesifieke stukkie inligting, bekend as ‘n gebruiker-ID, aan buite-ondernemings versprei. Dit is teen Facebook se privaatheidsbeleid.
Lees meer by die New York Times.