Facebook bring vreemdelinge nader aan mekaar as ooit
2011-11-23 11:12
New York – Facebook het die grade van skeiding tussen mense van ses na vier verminder, het ‘n studie oor dié sosiale netwerk getoon.
Sedert die sielkundige Stanley Milgram in die 1960’s sy navorsing onderneem het, is dit algemeen aanvaar dat daar slegs ses stappe, of ses gemeenskaplike vriende, tussen twee mense is wat mekaar nie ken nie.
Facebook se dataspan het egter nou met behulp van navorsers van ‘n universiteit in Milan bevind daar is nou slegs vier grade van skeiding tussen enige twee Facebook-gebruikers.
“Ons het bevind die skeiding tussen enige twee Facebook-gebruikers is minder as die algemeen aanvaarde ses grade en selfs dié getal het oor die afgelope drie jaar gekrimp soos Facebook gegroei het,” het die navorsingspan gesê.
Die navorsers het die 69 miljard vriendskappe tussen Facebook se 721 miljoen gebruikers bestudeer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.