Facebook bring slegte nuus
2010-02-09 11:53
Sydney - Angela en Maryanne Vourlis, ‘n Australiaanse tweeling, het op Facebook van hul 17-jarige broer se dood te hore gekom, het Mashable.com berig.
Dit was die tweeling se verjaarsdag en hul het die oggend op Facebook gegaan om hul verjaarsdag-boodskappe te lees.
In plaas daarvan, het hulle boodskappe van medelye gekry.
Hulle het onmiddelik hul broer gebel in die hoop dat dit net ‘n simpel grap was.
Bobby Vourlis en sy vriend, Chris Naylor, was egter die vorige aand in ‘n motorongeluk betrokke en albei is oorlede.
Kliek hier vir die volledige storie.