Facebook-blad herenig ma, dogter na 63 jaar
2011-08-16 11:16
Sacramento – As ‘n swanger 17-jarige is Helen Torres in 1948 na ‘n sorghuis vir ongetroude ma’s gestuur waar sy geboorte aan haar dogter Christina gegee het.
Helen was arm en moes haar laat aanneem sodat sy ‘n beter lewe kon hê.
Oor tyd het Helen kontak verloor met Christina.
As ‘n getroude vrou het Helen nog vyf kinders gehad, maar het steeds jaarliks op 8 Maart ‘n oomblik in stilte na haar eersgeborene verlang.
Een van Helen se ander dogters, Deneen, het haar ma se treurverhaal aangeluister en foto’s en inligting oor Christina ingesamel en ‘n Facebook-blad met die naam “Searching for my sister, Mary Christine Bustamante (Gray) DOB 3/8/1948” geskep.
‘n Oproep uit Riverside, Kalifornië, net 110 km ver weg, het ‘n 63-jarige Chris Gray aan haar halfsuster voorgestel.
Chris was geskok om te hoor sy was 'n aangenome kind; haar oorlede aangenome ouers het haar nooit vertel nie.
Chris en haar ma, Helen, het uiteindlik in Junie 2011 mekaar vir die eerste keer sedert haar geboorte by die Sacramento-lughawe in Kalifornië omhels.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.