Facebook betree stryd teen kinderpornografie

2011-05-23 10:15
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Facebook het pas tot die stryd teen kinderpornografie toegetree.

’n Program genaam PhotoDNA gaan die miljoene foto’s wat daagliks op dié sosiale netwerk gelaai word, ontleed en kinderpornografie-foto’s uitwys.

Die program is die afgelope drie jaar deur Microsoft en Hany Farid van die Dartmouth College in Hanover in New Hampshire, Amerika, ontwikkel.

Farid is ’n deskundige op die gebied van forensiese ontleding van digitale beelde.

Elke foto of beeld wat op die internet gelaai word, kry ’n huts(#)-kode wat so uniek soos ’n mens se vingerafdruk is.

Elke keer wanneer die foto herlaai of ’n bietjie verander word, soos om die grootte te verander, verander die kode. Dit maak dit baie moeilik om twee foto’s wat presies dieselfde lyk met mekaar te vergelyk.

PhotoDNA maak die kode sterker sodat selfs gemanipuleerde foto’s vergelyk kan word.

Elke foto word na swart en wit verkleur, die grootte word ook verander en dit word in blokke verdeel.

Elke blokkie het ’n histogram van intensiteitsgradiënte.

Die DNS word deur dié gradiënte saamgestel. Hoewel foto’s nie weer uit hul DNS saamgestel kan word nie, kan foto’s met soortgelyke DNS geïdentifiseer word.

Omdat die data in die DNS so min is, kan dit binne 4 millisekondes pasmaats in groot datastelle vind.

Kinderpornografie van kinders jonger as 13 jaar sal in die National Center for Missing and Exploited Children (NCMEC) in Virginia, Amerika, elkeen ’n kode ontvang en dit sal as basis gebruik word om Facebook-foto’s te vergelyk.

Die program is ook uiters sensitief. In die toetsfase is net een uit elke 10 miljard foto’s verkeerdelik as pornografies aangedui.

Farid het gesê deur die program te fokus op kinders wat nog nie puberteit bereik het nie, kan hulle met groter sekerheid weet daar word nie ruimte gelaat vir misverstande of foute nie.

Foto’s wat as kinderpornografie uitgeken word, word onmiddellik by die NCMEC aangemeld, van die webblad verwyder en 90 dae lank gehou.

Indien die maatskappy nie ’n wettige aansoek om die terugbesorging van die foto’s kry nie, word dit gewis.

Dié sentrum het sedert 2003 amper 30 miljoen beelde en video’s van kinderpornografie ontleed.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nou wat anders. Hulle sal die laaste een ook doodmaak en gaan hulle dan mekaar se galblase begin oes? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB200i LWB Fleetside PU MY07
2011
R 139,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Comfortline
2006
R 119,995.00

AUDI

A4 2.0 Multitronic 7-sp MY05
2007
R 200,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.