Entstof vir malaria dalk in muskiete se speeksel
2011-09-09 13:19
Londen – Een van die mees belowende bronne vir ‘n entstof vir malaria is moontlik in die liggame van muskiete gevind, het navorsers gesê.
Die navorsers het in die joernaal Science geskryf die nuwe entstof is van muskiete se speeksel vervaardig en is veilig vir gebruik by mense.
“Ons glo ‘n hoogs effektiewe entstof vir malaria is nodig. Ons mik om 80% of 90% van die vrywilligers se immuniteit teen malaria vir ten minste ses maande te verseker,” het die navorser Stephen Hoffman van die maatskappy Sanaria Inc. Gesê.
Die studie het slegs 5% van sy vrywilligers immuun teen malaria gemaak, maar met verdere toetse het die navorsers bevind ‘n ander metode van inenting kan beter resultate tot gevolg hê.
Hul glo om die nuwe entstof in die bloed, teenoor in die vel of die liggaamsvet, in te spuit kan die 90% van die vrywilligers immuun teen malaria maak.
– Volg Nuus24 op Twitter.