Entstof vir kinders net by privaat hospitale beskikbaar
2010-08-05 11:32
Kaapstad –
'n Nuwe entstof vir kinders om beskerming te bied teen ernstige siektes
soos breinvliesontsteking, longontsteking en middeloor-ontsteking, sal vir eers
net in die privaat gesondheidsorgsektor beskikbaar wees, het RSG berig.
Die nuwe entstof,
Synflorix, is vroeër deur die farmaseutiese maatskappye Aspen en
GlaxoSmithKline in Johannesburg bekend gestel.
Kinders het tot dusver net tot die
entstof Prefnar toegang gehad.
Prefnar is bekombaar by staatsinstansies en in die
privaatsektor.
Die aankonding oor 'n nuwe entstof kom in die aanloop tot die
opening vanaand van die 26ste Kongres van die Internasionale Pediatriese
Vereniging.
Kliek hier vir RSG se webblad.