Enkelgeslag-aasvoëlpaartjie geskei
2010-11-12 12:14
Muenster (Duitsland) - ‘n Aasvoëlpaartjie van dieselfde geslag by ‘n Duitse dieretuin sal hierdie week geskei word nadat hulle maande lank aan ‘n nes gebou het, het beamptes Donderdag gesê.
Een van die twee mannetjie-aasvoëls sal met ‘n vroulike aasvoël by ‘n dieretuin in Tsjeggië opgepaar word, het Dirk Wewers, kurator van die Allwetter-dieretuin in Muenster, gesê.
Dié dieretuin het ‘n tekort aan baba-aasvoëls.
Die manlike paartjie, albei 14 jaar oud, het blykbaar maar swak gevaar met die huiswerk.
“Die ander aasvoëls het gedurig die materiaal wat hulle vir die nes gebruik het, gesteel,” het ‘n woordvoerder van die dieretuin gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA