Eminem onttroon Lady Gaga op Facebook
2011-02-28 12:52
VSA – Eminem is nou amptelik die mees gewilde lewende kunstenaar op Facebook.
Die kletsrym-kunstenaar van Detroit het Lady Gaga hierdie week op die sosiale netwerk verbygesteek, met 28 883 000 mense wat van hom hou, in vergelyking met Lady Gaga se 28 872 000.
Die 38-jarige Eminem kry daagliks ‘n gemiddeld van ‘n halfmiljoen mense wat deur die ‘like’-funksie aandui dat hulle ‘n aanhanger is, het Famecount aangedui.
Michael Jackson het tans 29,1 miljoen aanhangers.
Nietemin is Lady Gaga steeds ver voor Eminem in terme van Twitter-volgelinge, met meer as vyf miljoen meer Twitter-volgelinge as wat hy het.
Lees hier meer.
Volg Nuus24 op Twitter