Elf Siberiese tiere sterf van die honger
2010-03-12 13:16
Beijing - Elf skaars Siberiese tiere is aan wanvoeding dood in ‘n Chinese dieretuin wat finansiële probleme opgetel het.
Volgens die China Daily, was die diere in klein hokke by die Shenyang Forest Wild dieretuin in die Liaoning-provinsie aangehou.
Hulle dieet het bestaan uit hoenderbene.
Siberiese tiere is ‘n bedreigde spesie en na beraming is daar slegs 300 van dié diere nog in die wildernis oor.
Elf van die tiere is die afgelope drie maande dood.
Twee van hulle is geskiet nadat hulle ‘n opsigter aangeval het.
Blykbaar het die dieretuin al ‘n geruime tyd probeer om die diere op te veil.
Baie van die dieretuin se personeel is ook die afgelope 18 maande nog nie betaal nie.
– Sapa