Elektroniese boeke verkoop beter op Amazon
2011-05-20 10:45
VSA – Minder as vier jaar ná hul bekendstelling verkoop Kindle-elektroniese boeke nou beter as papierboeke op Amazon.
Sedert 1 April verkoop Amazon vir elke 100 boeke, insluitende boeke waarvan daar nie Kindle-boeke beskikbaar is nie, 105 Kindle-boeke.
Die maatskappy het verder meer as drie keer soveel Kindle-boeke in 2011 verkoop as wat in dieselfde periode in 2010 verkoop is.
“Ons het gehoop dat dit uiteindelik sal gebeur, maar ons het nooit gedink dat dit so vinnig sal plaasvind nie,” het Jeff Bezos, stigter en uitvoerende hoof van die maatskappy, in ‘n verklaring gesê.
- Mashable
Volg Nuus24 op Twitter