‘Ek't jou leer soen soos die Franse,’ sê Facebook-vriend
2011-05-27 14:46
New York – Bing, Google se groot teenstander in die wêreld van soekprogramme, gebruik nou Facebook-data sodat vriende kan help met aanlynbesluite.
Wanneer ‘n gebruiker ‘n handelsnaam soek, sal Bing uitwys watter Facebook-vriende die gesoekte handelsmerk op die sosiale netwerk “Like”.
Met dié nuus op die horison het die soekreus Google ook ‘n sosiale media-lagie tot sy soekprogram gelas. Google gebruik sy eie netwerk om die aanbevelings van die gebruiker se Gmail-kontakte op te roep.
Bing se televisie-advertensies beeld scenarios uit waar Facebook-vriende presies vertel hoekom die gebruiker hul oordeel moet vertrou.
“Ek het jou tande vir jou geborsel toe jou hande gebreek was,” het een gesê.
“Ek het nie Cancun in my strooijonker-toespraak genoem nie,” herinner ‘n ander, en ‘Ek't jou leer soen soos die Franse,’ sê 'n derde Facebook-vriend.
Lees meer hier.
Kyk hier na een van Bing se advertensies.
Volg Nuus24 op Twitter.