Eksamenhulp deur MXit versprei
2010-10-21 16:36
Kaapstad – Tydens die staking deur onderwysers in September het vrywilligers MXit, die land se grootse sosiale netwerk - gebruik om skoliere te help voorberei vir die eksamen.
Facebook of Twitter het nog nie naby soveel aanhangers onder skoliere as dié selfoonprogram nie.
‘n Groot rede hiervoor is dat MXit bekombaar is op gewone selfone, so gebruikers het nie ‘n slimfoon of rekenaar nodig om boodskappe te ontvang nie.
MXit kos ook aansienlik minder, teen slegs 1c ‘n boodskap.
Dis hoekom tieners MXit selfs bo sms’e verkies as hulle vir mekaar wil boodskappe stuur.
Sedert MXit in 2003 begin is, het 27 miljoen verbruikers, meestal Suid-Afrikaners, ingeskryf vir die diens.
Dié getal groei blykbaar elke dag met 40 000.
In vergelyking, het Facebook ‘n skamele 3 miljoen gebruikers in Suid-Afrika.
Dit was juis oor dié rede dat studieleiers tydens die staking MXit gekies het om met skoliere landwyd te kommunikeer en studiehulp mee aan te stuur.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.