Einstein se brief oor God op eBay opgeveil
2012-10-08 09:25
Londen – 'n Brief waarin Albert Einstein die idee van God as 'n produk van menslike swakheid verwerp, word teen ’n beginprys van $3 miljoen (sowat R26 miljoen) op die afslaerswebwerf eBay verkoop.
Die brief, wat in 1954, 'n jaar voor Einstein se dood geskryf is, was geaddresseer aan die filosoof Eric Gutkind. In die brief bespreek Einstein sy sienings oor geloof en beskryf die Bybel "as 'n versameling van eerbare, maar steeds primitiewe legendes, wat nogal kinderagtig is".
'n Anonieme versamelaar wat die brief in 2008 gekoop het, sal Maandag die brief op eBay laai. Die veiling sluit op 18 Oktober.
"Met die belangstelling in Einstein, sowel as die vrae wat in die brief gevra word, voel ons dit is die prys werd," het Eric Gazin, woordvoerder vir die verkope, gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA