Eerste foto’s van rots in ruimte geneem
2010-06-17 17:08
Parys – Wetenskaplikes het met baie akkuraatheid die grootte van ‘n klein rots wat sowat ses miljard kilometer van aarde af is, gemeet en gevind dat die oppervlakte baie soos die van gevriesde water is.
Dit kom nadat die eerste foto’s daarvan geneem is.
Dit het jare se beplanning en ‘n netwerk van teleskope geneem om die eerste foto’s van die sogenaamde Kuiper Belt Object (KBO) te neem.
Volgens die Britse wetenskapjoernaal, Nature, is KBO ‘n klomp rotse teen ‘n afstand van tussen 4.95 en 8.25 miljard kilometers om die son wentel.
Dit is glo die oorskot van ander planete se ontwikkeling.
Foto’s van die rots, KBO 55636, is na sowat vyf jaar se fyn beplanning geneem.
- AFP