E-sigarette moet eers goedgekeur word
2010-09-13 00:33
Washington – Die sogenaamde elektroniese sigarette mag nie in Amerika verkoop word voordat goedkeuring nie verkry is nie, het die Voedsel- en Dwelm-administrasie gesê.
‘n Waarskuwingsbrief is aan verspreiders van die produk uitgestuur waarin gevra word dat vervaardigers bewyse moet toon wat staaf dat die sigarette veilig en effektief is.
Elektroniese sigarette is battery aangedrewe-toestelle wat nie tabak bevat nie.
Die Voedsel- en Dwelm-administrasie het vroeër verbruikers gewaarsku dat elektroniese sigarette gevaarlike chemikalieë bevat.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA