E-pos is vir oumense
2011-02-09 11:02
VSA - Om e-posse rond te stuur, is nou vir oumense. Letterlik.
Die gebruik van e-posse het oor die algemeen met 8% gesak maar veral onder kinders tussen 12-jaar en 17-jaar het dit met 59% gesak, luidens die 2010 Digital Year in Review.
Gebruikers tussen die ouderdom van 18-jaar en 54-jaar het ook minder van e-posse gebruik gemaak, maar van 55-jaar en ouer is e-posse egter weer al hoe meer gebruik.
Jongmense gebruik veel eerder sosiale netwerke om te kommunikeer.
In Amerika word 14% van jongmense se tyd op sosiale netwerke, soos Facebook, deurgebring.
Kliek hier vir die volledige artikel.
-Volg Nuus24 op Twitter.