Duitsers ‘Like’ nie Facebook se afloer
2011-08-22 10:31
New York – Die Duitse provinsie Schleswig-Holstein het staatsliggame beveel om hul Facebook-blaaie te sluit en die sosiale netwerk se Like-knop van hul webtuistes te verwyder.
Die provinsie se kommissaris van inligtingbeskerming, Thilo Weichert, het gesê sy departement het bevind Facebook stel profiele van sy gebruikers op deur te kyk watter inhoud hulle op die netwerk “Like”.
As dit die geval is, oortree Facebook Duitse en Europese inligtingbeskermingswette.
“Hou julle vingers weg van sosiale inpropprogramme,” het die departement internet-gebruikers aangeraai om nie op die Like-knop te kliek nie.
“Ons ontken die bewering dat Facebook Europese wette oortree,” het ‘n woordvoerder van die sosiale netwerk gesê.
Facebook dring aan ‘n IP-adres is die enigste inligting wat hulle ontvang van gebruikers wat nie ingeteken is nie.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.