Duitse minister kap Facebook
2010-07-17 14:11
Berlyn - 'n Duitse minister het Facebook se privaatheidsbeleid fel gekritiseer en beskuldig die sosiale netwerk daarvan dat hy die wet oortree.
Ilse Agner, minister van verbruikersbeskerming, het aan Focus gesê dié maatskappy moet ophou om mense wat nie die netwerk gebruik nie, se persoonlike inligting te stoor.
"Dit is 'n probleem as Facebook se wins gedeeltelik gebaseer is op die verontagsaming van die bestaande wette."
Die minister het verder gesê die netwerk versamel inligting soos telefoonnommers wat in gebruikers se toestelle gestoor is, en versamel sodoende inligting van mense wat dit nooit wou deel nie.
Beamptes het verlede week regstappe teen Facebook begin vir dié oortreding.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP