Duikers spring in om koraal te red
2011-03-04 13:42
Sydney - 'n Paar duikers het besluit om self in te spring om dele van die Groot Koraalrif wat deur die onlangse Sikloon Yasi beskadig is, te herstel.
Dié praktyk, wat eintlik onwettig is, help nou om koraalriwwe te red wat aan die begin van Februarie deur Sikloon Yasi getref is.
Duikers keer lewende koraaldele wat met die verkeerde kant na onder lê weer om, sodat dit verder kan groei.
Ene kol. McKenzie, van die Marinepark-toerisme-operateurs-vereniging, het bevestig dat die praktyk nie wettig is nie, maar dat duikers wel besig is om op dié manier skade aan die Groot Koraalrif te beperk ná dit deur die sikloon getref is.
“Mense doen dit maar so stilletjies,” het McKenzie gesê.
- Kliek hier vir die volledige artikel.
- Volg Nuus24 op Twitter.