Dooie jong walvis spoel by Beachview uit

2010-07-03 09:51
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Port Elizabeth – ’n Dooie boggelrugwalvis het by die Beachview-oord uitgespoel.

Volgens Lloyd Edwards, eienaar van Raggy Charters, is die walvis minstens twee jaar oud en tien meter lank.

“Dit was ’n onvolwasse walvis, wat moontlik deur ’n skip gestamp is. Ek het ook gesien ’n haai het ’n groot hap net agter die vin gevat, maar dit is nie waaraan die walvis dood is nie.”

Me. Adel van Rensburg, mede-eienaar van Nitrous-sekuriteit in Seaview, het gister gesê een van haar kliënte het haar omstreeks 07:00 laat weet van die walvis wat ’n ent die see-in gelê het.

“Maar toe ek om 10:00 gaan kyk het, het die walvis reeds op die strand uitgespoel.

“Dit het nie regtig daar gestink nie. Eers toe ek in die kar geklim het, kon ek die verrotting ruik. Dit is eintlik baie hartseer. Die walvis was nog so klein.”

Luncedo Njezula, woordvoerder van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het gesê die karkas is reeds verwyder.

“Ons het Xtreme Projects gekontrakteer om die walvis te verwyder. Hulle gaan die karkas opkap en na Kuduskloof vat om te verbrand.”

Volgens Edwards is daar geen ooglopende verband tussen hierdie walvis en die een wat onlangs by by St. Francisbaai uitgespoel het nie. “Dit is maar hoe die natuur is. Die sterkste sal oorleef. Ons weet ook die walvisse trek nou oos om te gaan kalf.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nou wat anders. Hulle sal die laaste een ook doodmaak en gaan hulle dan mekaar se galblase begin oes? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

SQL DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 4.0i D-Cab AT PU MY07
2007
R 199,950.00

BMW

530i E60 AT
2004
R 268,800.00

VOLKSWAGEN

Polo Playa 1.6 5-dr
1999
R 59,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.