Dooie See-perkamentrolle nou aanlyn beskikbaar
2011-09-26 20:03
Jerusalem – Twee duisend jaar ná die Dooie
See-perkamentrolle geskryf is en dekades nadat skaapwagters dit gevind het, kan
enigiemand dié geskrifte op die internet lees.
Vyf perkamentrolle is Maandag op die internet
beskikbaar gemaak nadat Israel se nasionale museum en Google kragte saamgesnoer het
om die projek aan te pak.
Danksy Google se tegnologie kan spesifieke
tekste opgesoek en in Engels vertaal word.
Kliek hier om self die Dooie See-perkamentrolle aanlyn te lees.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP