Donkie in valskerm skok strandgangers
2010-07-21 02:03
Moscow – Strandgangers in Rusland het verlede week die skok van hul lewe gekry toe hulle ‘n donkie in die blou lug sien sweef het, het die polisie Dinsdag gesê.
Vasgemaak aan ‘n valskerm, het die donkie al skreeuend in sirkels aan die bokant van vakansiegangers se koppe in Krasnodar in Suid-Rusland gesweef.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die donkie in die lug beland weens ‘n onvoorbereide advertensieveldtog deur verskeie Russiese entrepreneurs, om strandgangers na hul private strand te lok.
Maar hulle het toe die aandag van die polisie gelok wat vroeër hierdie week van die vlieënde donkie te hore gekom het.
“Die donkie het geskree en kinders het gehuil,” het Larisa Tuchkova, ‘n woordvoerder gesê.
Maar mense het eerder na hul kameras gegryp en ‘n hele aantal oproepe na die plaaslike koerant gemaak, het sy gesê.
“Die donkie het op ‘n afskuwelike wyse geland, en was verskeie meters deur die water gesleep. Die donkie is later half lewendig uit die water gehaal.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP