Dolfyn spring uit die water, bo-op 'n vrou
2011-04-05 21:31
Florida – Die dolfyn wat verlede week uit die water tot
in ‘n boot gespring en ‘n vrou beseer
het, is geïdentifiseer.
Naturaliste het die dolfyn aan foto’s van sy
dorsale fin as “Oscar” geïdentifiseer, ‘n bottelneus-dolfyn wat deel is van ‘n
studie van dolfyne rondom Florida se Marco-eiland.
Die span, wat die dolfyn weer ná die insident
gesien het, is verlig dat hy die voorval oorleef het.
‘n Boot-kaptein het verlede maand die polisie
gebel na ‘n dolfyn uit die water uitgespring en in hul boot beland het.
Die dolfyn het blykbaar bo-op ‘n vrou in die
boot beland, maar sy het gelukkig nié ernstige beserings opgedoen nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA