Dodelike haai het dalk sintuigstelsel beskadig
2010-12-08 13:51
Kaïro - ‘n Dodelike haai wat glo agter die reeks aanvalle in Sharm el Sheikh in Egipte is, mag dalk sy sintuigstelsel beskadig het, wat dit dalk moeilik gemaak het om te onderskei tussen mense en visse, het ‘n bioloog bevind.
Aviv Levy, kurator van die Rooi See, het aan The Times gesê die meeste haaie byt net een keer.
“Normaalweg na die eerste hap swem hulle weg, maar hierdie haai het aangegaan en iemand anders ook gebyt. Ek het nog nooit van so iets gehoor nie.”
“Ek dink dit is net een haai wat verantwoordelik vir die aanvalle is. Dalk het iets in sy sintuigstelsel verander en gemaak dat hy probleme ondervind om te onderskei tussen mense en visse.”
Die aanval op die 70-jarige Duitse toeris die naweek was die eerste keer in vyf jaar dat iemand in Egipte weens ‘n haai-aanval gesterf het.
- Vir die volledige storie besoek Breaking Travel News.
- Volg Nuus24 op Twitter.