Dit is goed as mans dadelik slaap ná seks
2012-10-12 12:57
Volgens 'n onlangse studie wat deur sielkundiges by die universiteit van Michigan en Albright College in Pennsilvanië, Amerika gedoen is, word die gewoonte om eerste in te sluimer na seks, met die maat se begeerte vir toenadering verbind.
"Hoe meer een maat geneig is om na seks aan die slaap te raak, hoe sterker die begeerte vir toenadering," verduidelik Daniel Kruger wat die studie gelei het.
Altesaam 456 mense het deelgeneem aan die studie wat in Desember in die Journal of Social, Evolutionary, and Cultural Psychology gepubliseer is.
Die deelnemers het anonieme vrae aanlyn beantwoord wat gehandel het oor die ervarings en begeertes met hul maats na seks. Hulle moes aandui wie eerste na seks aan die slaap raak, en wie eerste begin slaap indien hulle nie intiem verkeer het nie.
Deelnemers wie se maats eerste na seks aan die slaap geraak het, het eintlik 'n begeerte om te gesels en om te liefkoos.
Die studie het ook gekyk wie van mans en vroue meer geneig is om eerste in te sluimer. Ten spyte van die stereotipe, kon navorsers dit nie algemeen vind vir mans om eerste na seks te slaap nie.
Vroue was weer meer geneig om eerste te slaap indien seks nie plaasvind nie.
– Times of India.
– Volg Nuus24 op Twitter.