Dit is beter om op 21 te begin drink, meen talle

2011-07-08 09:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Twee derdes van Suid-Afrikaners glo volgens ’n peiling dat minderjarige alkoholmisbruik sal afneem as die wettige ouderdom vir alkoholinname tot 21 verhoog word.

Dit blyk uit ’n peiling oor alkoholmisbruik wat die maatskappy Synovate onlangs onder 500 respondente in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria gedoen het.

Die opname kom nadat daar vroeër vanjaar voorgestel is die ouderdom waarop mense drank mag koop in Suid-Afrika moet van 18 tot 21 verhoog word.

Abraham Phahlamohlaka van die departement van maatskaplike ontwikkeling het vroeër vanjaar gesê ’n dokument met voorstelle oor dié en ander alkoholverwante kwessies sou aan ’n interministeriële komitee oor middelmisbruik voorgelê word.

Die kwessie word glo nog bespreek.

“Die peiling demonstreer die publiek se besorgdheid oor alkoholmisbruik en steun vir die regering se voorgestelde planne om dit teen te werk,” het mnr. Jake Orpen, besturende direkteur van Synovate, gesê.

Van die 500 mense wat ondervra is, het 56% al van die voorstel gehoor, terwyl 44% onbewus was dat die wettige ouderdomsperk heroorweeg word.

Die meerderheid respondente (62%) glo dronkbestuur en gewelddadige gedrag soos huishoudelike geweld kan afneem as die (moontlike) wet goedgekeur word.

In ’n verrassende wending is die grootste optimisme oor die doeltreffendheid van die voorstel om minderjarige alkoholgebruik te verminder onder respondente tussen die ouderdomme van 21 en 24 ondervind. Respondente van tussen 18 en 20 was egter nie daarvan oortuig nie.

Die peiling het ook bevind nege uit tien respondente uit alle ouderdomsgroepe stem saam dat minderjarige alkoholmisbruik ’n probleem is in Suid-Afrika. Altesaam 61% van die respondente het gesê hulle is aan minderjarige alkoholgebruik blootgestel.

Die massamedia sal sowat R1,8 miljard aan advertensie-inkomste verloor as die regering ’n verbod op alkoholverwante advertensies plaas, blyk uit ’n studie deur Chris Moerdyk, ’n onafhanklike bemarkings- en media-analis.

Sy studie het ook onder meer bevind sowat 2500 werknemers met ’n lae inkomste kan hul werk verloor.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: alkoholmisbruik  |  studies  |  alkohol  |  kinders

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nou wat anders. Hulle sal die laaste een ook doodmaak en gaan hulle dan mekaar se galblase begin oes? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Negotiable

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

SharePoint Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 169,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 105,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.