Dís waarom jy gaap
2011-11-28 13:42
New York – ‘n Mens gaap nie omdat jy verveeld of moeg is nie, het Amerikaanse navorsers bevind – dit help die brein afkoel.
Om te gaap help om die brein se temperatuur te reguleer en die sinusse funksioneer as blaasbalke, het Gary Hack van die Universiteit van Maryland en Andrew Gallup van die Princeton-universiteit gesê.
“Dit brein is ongelooflik sensitief vir veranderinge in temperatuur en moet dus teen oorverhitting beskerm word,” het hulle gesê. “Die brein, soos ‘n rekenaar, werk beter as dit koel is.”
“’n Oormatige gegaap kan voorkom as gevolg van verhoogde temperature in die brein weens skade aan die senuweestelsel en min slaap,” het Gallup gesê.
Die navorsing is in die joernaal Medical Hypothesis gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.