Dis Malema-dag op Twitter
2010-11-12 13:39
Kaapstad – Twitter-gebruikers het die leier van die ANC-jeugliga (ANCYL), Julius Malema, geteiken deur Vrydag as “Julius Malema-dag” op dié sosiale netwerk te verklaar.
Verskeie nuwe rekeninge is in die Jeugliga-leier se naam oopgemaak, in protes teen dreigemente deur die ANCYL om dié mikro-blogdiens te sluit weens valse Malema-rekeninge.
Twitter-gebruikers het egter nou verder gegaan as om net Malema-rekeninge te skep – hulle het ook grappies oor dié heethoof-leier begin sirkuleer.
“So vandag is Julius Malema Vrydag EN internasionale toilet-dag?!? Bwahahahaha wat ‘n wonderlike assosiasie!” het die Twitter-gebruiker GarethWoods84 geskryf.
“Een dag kry ‘n onderwyser vir Julius Malema in die biblioteek, besig om leë velle papier te fotokopieer,” skryf divantow.
“Sy vra toe: ‘Wat doen jy, Julius?’ Ek maak papier, sê hy.”
Die doel van Julius Malema-dag is volgens die webwerf Bangers and Nash om aan te toon hoe “wonderlik” sosiale netwerke kan wees.
- Volg Nuus24 op Twitter
- News24