Dinosourusse wys hul ware kleure
2010-01-28 12:49
Kaapstad – Wetenskaplikes kan nou met groter akkuraatheid skat hoe ten minste een dinosourus-spesie werklik gelyk het, met nuwe tegnieke wat pigment-oorblyfsels in fossiele kan ondersoek.
Fossiel-oorblyfsels wat met 'n elektron mikroskoop bestudeer is, het onthul die stekelrige Sinosauropteryx-dinosourus se stekels was altyd rooibruin vere.
Paleontoloë hoop om dié inligting oor ander spesies ook in te win, en soedende meer te leer oor hul voorkoms, kamoeflering en gedrag.
Lees meer by die BBC