Dinosourusse in New York te koop
2010-05-27 03:55
New York – ‘n Veiling van meer as 400 dinosourus-dele, sowel as ander artefakte uit die Ystydperk, word tans in New York gehou.
Vir ‘n stewige bedrag geld kan jy die trotse eienaar van ‘n “Woolly Rhinoceros” geraamte, ‘n Tyrannosaurus Rex tand of ‘n stegosourus skedel wees.
Kenners waarsku dat jy soveel as R1 425 000 vir een van dié gesogde items betaal.
Daar is wel goedkoper items te koop.
Vir ‘n skamele R9 500 kan jy ‘n verkieselde stuk hout ryker wees.
‘n Naaksadige plant van Brasilië sal jou so R42 750 uit die sak jaag.
Dis is meestal museums en groot maatskappye wat dié items aankoop.
Maar ‘n hele paar privaat-kopers sal ook deelneem aan die veiling om van die rare items huis toe te neem.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter