Dinosourus dalk oudste voël-voorsaat
2010-01-29 12:17
Hong Kong – Chinese wetenskaplikes het die fossiel van 'n tweebenige dinosourus wat 160 miljoen jaar gelewe het, onthul.
Navorsers sê die dinosourus is heel moontlik die oudste bekende voorsaat van, onder andere, die voëlspesies wat ons vandag ken.
Die Haplocheirus sollers het 'n lang, nou kopbeen gehad, met klein tandjies, kragtige arms en kloue wat dit toegelaat het om primitiewe akkedisse, klein soogdiere en reptiele te jag.
Lees meer by Reuters