Diere uit 'vieslike' dieretuin gered
2011-06-21 22:15
Kuala Lumpur – Maleisiese owerhede het 32 tiere
en ‘n aantal leeus en ander diere gered uit wat hulle as ‘n "vuil en
beknopte privaat-dieretuin" beskryf het.
Zaaba Zainol Abidin, van die Maleisiese
nasionale parkeraad, het gesê die diere, insluitende 32 Siberies-Bengaalse tiere, is
by die Saleng Dieretuin in Johor aangehou.
“Die ontwerp van die dieretuin was swak.
“Die diere het nie gereeld genoeg vars water
gekry nie en dit was vieslik,” het hy gesê.
“Die diere se mis is nie eens opgetel nie.”
Owerhede het geweier om die dieretuin, wat
meestal bedreigde spesies aangehou het, se permit te hernu.
Die diere sal na ‘n openbare dieretuin in
Malacca en ‘n natuurreservaat in die Selangor-staat vervoer word.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA