Die vere maak die dinosourus
2010-04-30 16:32
Kaapstad - Fossiele van dinosourus-spesies op verskillende stadiums van die groeiproses het getoon dat hul vere merkwaardig verander het soos wat dié diere ouer geword het.
Volgens Chinese navorsers is twee fossiele tydens die studie ondersoek. Een was van ‘n jong dinosourus en die ander van een in vroeë volwasse stadium. Albei fossiele behoort aan die van die Oviraptorosourus.
Dit toon glo ‘n groeipatroon wat verskil van die van hedendaagse voëls.
“Baba dinosourusse het bisarre vere gehad wat baie verskillend is van die van volwassenes. Hierdie fossiele het ons kennis oor die evolusie van vere uitgebrei,” het Xing Xu, ‘n paleontoloog wat dié studie gedoen het, gesê.
Lees hier meer oor die studie.
Volg Nuus24 op Twitter.