Dié stoute webtuiste is veilig by die werk

2010-07-21 03:39
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Playboy Enterprises het ‘n webtuiste geloods wat glo veilig is om by die werk te gebruik sodat mans nie hulself oor hul rekenaarskerms hoef te gooi wanneer die baas verby loop nie.

TheSmokingJacket.com sal geen naaktheid bevat wat Playboy.com ongeskik vir ure by die kantoor maak nie.

Dié nuwe webtuiste sal eerder op humor fokus om Playboy se teikenmark (mans tussen die ouderdom van 25 en 34) te bereik wanneer hulle tyd by die werk voor die rekenaar deurbring.

‘n Groot deel van hul gehoor gebruik Playboy.com ná werksure, meen Jimmy Jellinek, Playboy se redaksionele direkteur.

“Ons het gesien ons mis ‘n goeie geleentheid om ouens te bereik wanneer hulle die meeste op die internet is – wanneer hulle by hul lessenaar sit, nie werk nie en e-posse aan hul vriende stuur.”

TheSmokingJacket.com sal nie die lang onderhoude of in-diepte artikels bevat wat in Palyboy is nie.

Die hele punt is om nie ernstig te wees nie. Besoekers kan byvoorbeeld ‘n lys sien wat die tekens uitwys van wanneer ‘n man opgegee het om ‘n vrou se aandag te kry.

Daar sal skakels wees na die soort dinge wat mense reeds vir hul vriende e-pos.

Dit is vir mense wat verveeld is by die werk, vertel Matt Gibbs, die hoof-vervaardiger van die webtuiste.

Volgens Theresa Hennessey, Playboy-woordvoerder, kry Playboy.com sowat 6 miljoen unieke besoekers per maand.

Jellinek sê hy sal bly wees as TheSmokingJacket.com 1 miljoen unieke besoekers per maand ontvang.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa - AP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: playboy  |  webtuistes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Erich sê... Verskoon my pessimisme maar met ons land se 'track record' kan ek nie sien dat ons dit gaan maak nie. Sal apologie aanteken as ek verkeerd is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SharePoint Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 169,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 105,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.