Dié seks nie so ‘veilig’

2011-10-20 08:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Met die koms van MIV/Vigs het mense se seksuele gewoontes verander, soos om eerder orale seks te beoefen. Maar dit is nie noodwendig veilig nie, veral nie indien ’n mens vele seksmaats het nie.

André van Zyl, hoof van die Universiteit van Pretoria se departement van periodonsie en mondgeneeskunde, sê die afgelope 10jaar is daar ’n toename in die voorkoms van orofaringeale kanker. Daar is ’n oorsaaklike verband tussen dié kanker en die MPV – waarvan daar sowat 150 subtipes is.

Een van die gevaarlikste subtipes veroorsaak by vroue servikale kanker. Met orale seks kan die virus oorgedra word na die mondholte, waar dit orofaringeale kanker kan veroorsaak. Dié kanker het ook ander oorsake, soos rook, alkoholinname en die kou van areka-neute.

Van Zyl en sy kollega, Willie van Heerden, glo die jonger geslag beoefen moontlik meer orale seks om MIV/vigs te vermy. En dié mense stel hulle meer bloot om die kanker op te doen. “Daar word aangeneem orale seks is veiliger in ’n wêreld waar vigs domineer.

Hoewel dit waar is dat die verspeiding van MIV/vigs laer is met die beoefening van nie-geslagseks, het die MPV op sy beurt toegeneem. Die gevalle van orofaringeale kanker wat deur die MPV veroorsaak word, het die afgelope dekade dramaties gestyg,” sê Van Zyl.

Veral mense van 14 tot 25 jaar met ’n gevaarlike seksuele lewenstyl loop gevaar om die kanker in hul dertigs te ontwikkel. Ook jong vroue kan die siekte kry, maar dit kom vier keer meer onder jong mans voor.

Van Zyl sê dit is “uiters moeilik om te skat hoeveel mense die siekte jaarliks van die MPV kry, omdat die land se kankerregister 15 jaar gelede bygewerk is”. Wêreldwyd is daar 400 000 nuwe gevalle per jaar, van wie die helfte binne vyf jaar ná diag­nose sterf.

Sedert Mei vanjaar is kanker ’n verpligte aanmeldbare siekte, juis om die gesondheidsdienste in staat te stel om die voorkoms van alle soorte kanker te bepaal.

Die vorms wat nou deur dokters ingevul moet word, sal onder meer inligting oor die pasiënt se geslag, ras, leefstyl en geboorteplek bevat, asook besonderhede van die soort en stadium van die kanker. Dit is van kardinale belang om enige navorsing oor kanker in Suid-Afrika te doen, en om ’n beleid te hê sodat daar begroot kan word om kanker behoorlik te beveg.

Indien Suid-Afrika later meer betroubare syfers kry, kan die MPV wel as die hoofrede vir die toename in orofaringeale kanker beskou word, terwyl dit nou nog net sterk vermoed word. Servikale kanker is die kanker wat die meeste by swart vroue in Suid-Afrika gediagnoseer word.

Verskeie seksmaats, veral op ’n jong ouderdom, verhoog die kanse op servikale en dus ook orofaringeale kanker.

Van Zyl sê orofaringeale kanker reageer goed op chemoterapie en radioterapie, maar dan moet dit vroeg opgespoor word. Dit gebeur ongelukkig nie baie nie. Juis tandartse moet op die uitkyk hiervoor wees. Daarom het die Suid-Afrikaanse Tandheelkundige Vereniging (SADA) met ’n bewusmakingsveldtog onder tandheelkundiges begin.

Martha Smith, uitvoerende hoof van SADA, het gesê dit is belangrik dat tandartse wanneer hulle kanker vermoed, moet toets vir die teenwoordigheid van die MPV. “Ook die publiek moet hiervan bewus wees. Indien die kanker by mense opgespoor word, moet hulle die virus-toets vra.”

Van Zyl sê indien die kanker deur die MPV veroorsaak word, is dit makliker behandelbaar as wanneer die oorsaak rook, drank of die kou van areka-neute is. Nog ’n groot gevaar is waterpype (hubble-bubbles).

Die meganisme van die kanker is anders wanneer die virus betrokke is, en daarom reageer mense beter op die behandeling.

Die kanker kan chirurgies verwyder word, maar dit is nie ideaal nie omdat dit verband hou met ’n hoë sterftesyfer. Mense wat die kanker deur die MPV gekry het, se kanse om te sterf is 30% minder wanneer dit vroeg opgespoor word en met chemoterapie en radioterapie behandel word.

“Ongelukkig is daar nie pyn aan die begin van die kanker nie. Eers wanneer dit kanker is, kan dit gesien word, maar dan is dit ’n bietjie laat. Mense moet nie wag met enige seer in die mond, sagte verhemelte, tong en keel wat langer as twee weke daar is nie.

“Gaan dadelik tandarts toe. Soms is daar ’n wit of rooi letsel, of ’n mengsel van die twee,” sê Van Zyl.

Daar bestaan twee entstowwe teen die MPV wat gedeeltelike beskerming bied. Albei moet drie keer oor ’n tydperk van ses maande toegedien word. Dit beskerm teen sommige stamme wat servikale en vaginale kanker veroorsaak, asook die meerderheid van die geslagsvratte wat ook deur die virus veroorsaak word, berig Health­24.­com.

Die entstof is op sy doeltreffendste indien dit aan meisies en vroue gegee word voordat hulle seksueel aktief word. Die koste verbonde daaraan om dit aan seuns te gee, is groter as die voordele wat dit kan inhou.

Hoe het ’n mens veilige orale seks? “Met moeite!” sê Van Zyl. “’n Kondoom behoort te alle tye verpligtend vir mans te wees.

“Die beste is om nie losbandig te lewe nie. Om ses of meer seksmaats regdeur jou lewe te hê, verhoog die risiko vir die twee kankers tien keer. Inenting teen die MPV is op die einde die beste, omdat dit die infeksie keer.” 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: seks  |  kanker  |  gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Erich sê... Verskoon my pessimisme maar met ons land se 'track record' kan ek nie sien dat ons dit gaan maak nie. Sal apologie aanteken as ek verkeerd is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 169,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 105,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.