Die oog bedraad om naaktheid te waardeer
2011-11-23 10:04
New York – Die mens se brein is bedraad om tot naaktheid aangetrokke te wees en navorsers glo dit is om die mens te help om maats uit te soek.
Jari Hietanen, die hoofnavorser, en ‘n kollega het mense se breine bestudeer terwyl hulle na foto’s van mans en vroue in swemklere of poedelnaak gekyk het.
Die navorsers van die Universiteit van Tampere in Finland het bevind die mens se brein is die meeste aangetrokke tot foto’s van half geklede en veral kaal mense.
Mans was sterk aangetrokke tot foto’s van kaal vroue, maar vroue se reaksies was dieselfde vir foto’s van mans en vroue.
“Die visuele prosessering in die brein van ander se naakte liggame is 'n verhewe funksie,” het die navorsers gesê. “Dit is moontlik dat die verskynsel ons help om potensiële maats en teenstaanders uit te soek en om seksuele gedrag uit te lok.”
Die studie is in die joernaal PLoS One gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.