Dié lande spog met vinnigste internet
2011-09-21 14:36
New York – Suid-Korea spog tans met die wêreld se vinnigste internetspoed, gevolg deur Roemenië, Bulgarye, Litaue en Letland, het ‘n studie bevind.
Die gemiddelde aflaaispoed in Suid-Korea was 2 202 kilogrepe per sekonde (KBps), het die internetmaatskappy Pando Networks gesê.
Roemenië se spoed word as tweede vinnigste aangeteken (1 909 KBps), Bulgarye (1 611 KBps) derde, Litaue (1 462 KBps) vierde en Letland in die vyfde plek met 1 377 KBps.
Amerika lê skaars bo die internasionale gemiddeld van 580 KBps met hul 606 KBps.
Suid-Afrika is ver onder die internasionale gemiddeld met 160 KBps.
Die stadigste internetspoed is in die Demokratiese Republiek van die Kongo aangeteken, waar internetgebruikers lank moet sit en wag met 13 KBps.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP