Die internet se dae is getel - Prince
2010-07-07 17:05
VSA – Terwyl ander kunstenaars YouTube gebruik, MySpace aanhangersblaaie en Twitter-rekeninge skep, glo die musikant Prince dat die internet se dae getel is.
In ‘n onderhoud met die Daily Mirror het Prince, wat sy nuutste album, 20TEN, binnekort in CD-formaat gaan bekendstel, gesê: “Die internet is heeltemal verby.”
“Ek sien nie hoekom ek my nuwe musiek vir iTunes of enigiemand anders moet gee nie,” het Prince verduidelik. “Hulle sal my nie vooruit betaal daarvoor nie en dan raak hulle kwaad as hulle dit nie kan kry nie.”
Lees meer by Huffington Post
Volg Nuus24 op Twitter