‘Die hemel is ‘n feeverhaal,’ sê Stephen Hawking.
2011-05-16 20:04
Londen – Die geloof in die hemel of die ewige lewe is ‘n “feeverhaal” vir mense wat die dood vrees, het die bekende Britse wetenskaplike Stephen Hawking gesê.
Die alombekende fisikus en kosmoloog het ook aan die Guardian gesê daar is geen hiernamaals na die finale flikkering van die brein nie.
“Ek ag die brein as ‘n rekenaar wat ophou werk as sy komponente breek. Daar is geen hemel of ewige lewe nie. Dit is ‘n feeverhaal vir mense wat bang is vir die donker,” het hy gesê.
Hawking is op die ouderdom van 21 jaar met Lou Gehrig-siekte, ’n degeneratiewe motorneuron-siekte, gediagnoseer en het gesê hy leef self al 49 jaar met die vooruitsig van die dood.
“Die wetenskap voorspel verskeie wêrelde word uit niks geskep. Dit is blote toeval dat ons hier is,” het hy gesê.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.