Dié gas 'soos steroïed' vir weer

2011-11-21 07:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Maak gereed vir gevaarliker, onvoorspelbare, uiterste weersomstandighede weens klimaatsverandering.

Só het meer as 200 natuurwetenskaplikes, sosioloë en ekonome die politieke leiers gewaarsku wat aanstaande week in Durban vir COP17 byeenkom.

Die wetenskaplikes, almal lede van die Verenigde Nasies se interregeringspaneel oor klimaatsverandering, het in ’n verslag, “Managing the Risks of Extreme Events and Disasters to Advance Climate Change Adaptation”, gesê regeringsleiers moet op die klimaatberaad ooreenkomste oor die vermindering van kweekhuisgasse vind.

Geïntegreerde planne om mense by klimaatsverandering en veranderende weerpatrone te laat aanpas, sal lewens en geld spaar, lui die verslag.

Dié kundiges is bekommerd dat buitengewone weersomstandighede mense kan oorweldig en sommige plekke op aarde onleefbaar kan maak.

In die verslag word op uiterste klimaatsomstandighede, hittegolwe, vloede, droogtes en storms gefokus. Die samestellers het byvoorbeeld gesê aanhoudende baie warm dae gaan in die nabye toekoms die reël eerder as die uitsondering wees. Koue dae gaan in intensiteit toeneem, maar nie so langdurig wees nie.

“Ons moet bekommerd wees,” het een van die leier-outeurs, Maarten van Aalste, direkteur van die Internasionale Rooi Kruis, gesê. “Ons sal rampe moet kan voorspel en risiko’s verminder eerder as om te wag totdat hulle gebeur en ná die tyd op te ruim.”

Dr. Gerald Meehl, senior wetenskaplike van die Nasionale Sentrum vir Atmosferiese Navorsing in Boulder, Amerika, het nadat die verslag bekendgemaak is aan NBC Nightly News gesê dit is asof die weer op ste­roïed is.

“Net soos wat steroïed ’n basketbalspeler sterker maak, so is kweekhuisgasse steroïed vir die klimaatstelsel. Hulle verbeter die kanse op hittegolwe wat rekords oortref.”

Die ekonome sê lande se ekonomiese koste sal weens klimaatsverandering styg.  

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: klimaatsverandering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Dit is mos hoe 'n eerste wereld land operate om te help teen besoedeling van hulle land. Mense dink mos plastieksakke moet in bome en drade langs die pad rondhang. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 169,900.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 105,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.